+27 (21) 883 3584
info@stellenbosch360.co.za

Stellenbosch Unveiled

A canvas of Stellenbosch Inspiration

STELLENBOSCH ERFENISFEES 2013

Storietyd in Jamestown

Jamestown

Saterdag 21 September

Jamestown se bydrae tot die viering in Septembermaand van Stellenbosch se inklusiewe erfenis, is storievertel, iets waarin hierdie woonbuurt se ou inwoners uitblink.

Op Saterdag 21 September, van 10:00 tot 15:00 sal daar al om die halfuur Jamestown  stories oor verskillende onderwerpe vertel word; van perdekarwedrenne, die duiweklub, tuinmaak en waterleibeurte tot varkslagdag.

Die feeskern is by die historiese winkel in Webersvallei-pad, die JGC Williams General Dealer, wat verlede jaar ná  meer as 50 jaar diens aan die gemeenskap, sy deure gesluit het.

‘n Foto-uitstalling sal in die winkel te sien wees, asook video’s (van  8 mm films) oor funksies uit vergange se dae, soos die inwyding van die Methodiste Kerk in 1955. Die plaaslike baksters sal van hul ware te koop aanbied, terwyl daar ook by handwerkstalletjies rondgesnuffel kan word.

Vir meer inligting, kontak die voorsitter van die Jamestown Erfeniskomitee, Dale Simons (0827884904), of vir enigeen van die projekspanlede, Freddie Jooste (0719834227) en Chrisben February( 0834061102).

END

Leave a Reply